Saturday, December 4, 2010

Parktown prawn

Ek't al van dit gehoor.
Vele kere.
Soos kinders banggat na spookstories luister.
Het ek ook groot-oog en stywe-poephol na die eskapades van die Parktownprawnding geluister .
Voor ek Joburg toe getrek het.
Dis glo groter en grilleriger en erger en stinker en viesliker as enige ander gogga wat ek ooit voorheen sou gesien het.
Dis glo 'n kakkerlak op steriods gemaal met vierduisend en dis boos boos boos.
En as jy oppit trap skree dit 'n fyn aanhoudende geskril wat binne in jou ore dring en seermaak en jou hart in een laat krimp. Jou laat heim en wee na dinge wat nog nie eers gebore is nie.
Maar ek het niks van dit geglo nie.
Hoekom sal die liewe jirre nou so iets maak? het ek myself gevra.
Vir watse rede nou 'n ding skape wat leliker en harder skree as 'n Malema of 'n Kaapse kokkorot wat kan gil en jil en katermaai vir Afrika?
Hmmmmm?
Ek was skepties, afmaakend en het die booswig monster van 'n gogga sommer pleinweg en simpel afgeskryf as 'n urban legend.
Tot gisteraand.
Toe ek en Karin so ewe relaxed op ons eie half armoedige karteltjies le in onse ewe eenvoudige ge'renvovate' enkel-garagie waar ons tans besadig en vroom in Florida, Johannesburg, Gauteng woonagtig is.
Ons maak geselsies oor hoe was jou dag asseblief en joune dankie en al daai belangrike couple dingetjies.
Die lampie tussen ons brand so effe Eskom-flou en die venster agter die Mr Price blou gordyntjie is net groot genoeg oop om 'n bietjie besoedelde lug half-vars in te bries.
Ek le so half op my sy en loer oor my cheap Clicks brille na Karin wat oorkant le en my vertel van die dronk vrou by Yeoville polisiestasie wat ons huishulp gemoer het oor R20 en drama bloed snot en meer trane...

... en toe voel ek hom...
...oor die kaal van my boud...
...harig koud en meervoetig...
... onner my denim shorts se pyp in...
... noord, straight na my suid toe ...
...agt sentimeter prehistoriese hardedop afgryse met twee oranje antennas wat trillend bo my kort blou broekie se soom uitsteek!

ek het flou geword!
my bewussyn verloor.
die ander kant gesien.
ek het tydelik die ewige ingevaar.
skaamteloos gekies om die realiteit te verruil vir die veilige donkerte van nerens.
sonder om te blik of bloos het ek net ingegee en vir 'n wyle heengegaan.
net so.
in 'n oogblink.
Gijrts en weg.

Wel lat ek dit so stel.
Ek slaap nou in twee swart sakke vir pajamas - styf met rekke om my onderlyf en bolyf vasgebind - absoluut ondeurdringbaar. Soos 'n papie.
My bed balanseer op agt bierblikke. 
Die Clicks bril is in sy moer.
En Karin sit met 'n blou oog.